Archive for December 6, 2012

Is genl Hendrik Schoeman vermoor?

Genl Hendrik Schoeman, wat so ‘n groot invloed op die Hartbeespoort-omgewing gehad het, was ‘n omstrede figuur. Hy was ‘n held in die Eerste Vryheidsoorlog, maar omdat hy na die oorgawe van Pretoria hom vir vrede begin beywer het, is hy deur die Boere beskuldig van verraad. Hy is ook aangekla en skuldig bevind, maar is deur die Engelse uit die tronk in Pietersburg ontset. Hy het in Pretoria gewoon toe ‘n bomdop wat hy as vir meer as ‘n jaar as asbak gebruik het, ontplof het toe hy sy pyp daarin uitgekrap het. Sy dogter en ‘n vriend het ook in die ontploffing gesterf. Die Engelse owerheid het nooit sy dood ondersoek nie en op sy begrafnis het ds Bosman gesê dat wat sowel die Boere as die Britte wou doen, het God vir hulle gedoen. Die vraag het toe ontstaan: Kon iemand nie dalk skietkatoen in die bomdop gedruk het. Na alles, warm as en brandende tabak is alle male sonder tal in die dop uitgekrap sonder enige nadelige gevolge.

Genl Schoeman was nie die enigste prominente boereleier wat hom vir vrede beywer het nie. Genl Louis Botha het oud-president M W Pretorius bitter kwalik geneem en gedreig met inhegtenisname omdat die hom probeer oorreed het om met die Engelse te onderhandel.

Vyftig jaar later het genl Schoeman se kinders en kleinkinders die kruis in Saartjiesnek opgerig om die smaad ongedaan te maak.

Lees dié en ander stories in Magaliesberg Kaleidoscope.

December 6, 2012 at 3:11 pm Leave a comment


Calendar

December 2012
M T W T F S S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Posts by Month

Posts by Category