Skyndood

December 8, 2012 at 8:40 pm Leave a comment

As herpetoloog is slangbyt vir Jack Seale niks vreemds nie. Voor daardie byna noodlottige dag in 1977 is hy 17 keer deur slange gepik – een keer deur ‘n kobra wat hom ‘n week lank in die hospitaal gehou het.  As gevolg van die baie slangbyte en behandeling daarvoor het hy ‘n allergie vir slangbytserum ontwikkel. Dit was dus ‘n verdere komplikasie toe die mamba hom daardie Sondagoggend gepik het.

Jack het voor die voorval saam met toksikoloë gewerk aan navorsing oor die uitwerking van neurotoksien op  mense en diere. Dokters wat by hierdie navorsing betrokke was, het ook bygestaan toe hy oënskynlik leweloos in die hospitaal gelê het.

Jack het net tyd gehad om die dokters wat hom behandel te vra om hom op lewensondersteuning te plaas voordat hy sy bewussyn verloor het. So het hy eintlik ‘n  proefkonyn geword in die navorsing waaraan hy self deel gehad het.  Toe hy sy bewussyn herwin was hy totaal en al verlam – hy kon nie ‘n vinger verroer of ‘n oog knip nie.  Vir meer as ‘n week moes hy lê en luister hoe dokters oor hom praat en debatteer of die masjiene afgeskakel moes word of nie. Een dokter het selfs aan sy vrou gesê dit sou beter wees as hy sterf want as hy sou oorleef sou hy ‘n “vegetable” wees. Hoe het dit gebeur dat hy vandag meer as 35 jaar later, alles is behalwe ‘n “vegetable”, soos enigeen wat hom ken kan getuig?

Lees die hele storie, en vele ander oor die omgewing,  in Magaliesberg Kaleidoscope.

Entry filed under: History.

Is genl Hendrik Schoeman vermoor?

Leave a comment

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Calendar

December 2012
M T W T F S S
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Most Recent Posts